Die Bo-Karoo-streek bestaan uit 12 dorpe.
Ons span bestaan uit Kobus Venter (streeksorganiseerder), Christel Opperman (assistentstreeksorganiseerder), Nadia Kuit (maatskaplike werker) en Andries Kruger (intern – gemeenskapsontwikkeling en studentewelstand).
Ons span se roeping is om die nood van Afrikaners op grondvlak te verlig deur middel van gemeenskapsontwikkeling. Ons fokus op kinders, bejaardes, persone met gestremdhede en gesinne. Ons doen dit deur Afrikaner-gemeenskappe deur middel van opvoeding, opleiding en ontwikkeling te bemagtig met kennis en vaardighede. Ons wil elke gemeenskapslid toerus met hoop vir die toekoms en selfstandigheid om volhoubaar op eie voete te kan staan.
Ons werk saam met skole, kerke, boere, sakemanne en ander belanghebbendes wat hand uit die mou steek om 'n verskil te maak in die gemeenskap. Ons netwerke om gemeenskapsontwikkeling te weeg te bring, word gekenmerk deur 'n gedeelde visie, self doen en saamstaan.
Ons wil graag met JOU hande vat. Hoe sterker gemeenskapslede aan mekaar verbonde is, hoe makliker is dit vir daardie gemeenskap om staande te bly.
In 'n stukkende wêreld besef ons die enigste manier om weer bo uit te kom, is om ons toekoms stukkie vir stukkie saam te bou en mekaar te dra. Ons weef aan 'n pragtige eindproduk waarin 'n stukkie van elke deelnemer se wese soos in 'n lappieskombers ingeweef is. Om van laslappies 'n volwaardige kunswerk te maak, is jou bydrae en ondersteuning vir ons van onskatbare waarde. Raak vandag nog deel van die Helpende Hand-familie wie se hande vir niks verkeerd staan nie. Ons bou en bemagtig vir ons volk, vir ons taal, vir mekaar. 'n Sterk gemeenskap begin by ons.
Hierdie is God se land. Hy hou ons in sy hand.
Ontmoet ons personeel
Andries Kruger
Nuus vanuit ons streek
‘n Reis na sukses (‘n ware verhaal)
Die wysheid in my grysheid: ‘n reis van lewe en leer
Uitnemendheid!
Geloof – die fondament van alle waardes
Solidariteit Helpende Hand PlantSelf-projek
Wat in die wêreld is liefde, as ons stilsit?
Word deel van die Solidariteit Helpende Hand familie
Kalender
Skenk by jou naaste Ons Winkel